Antenne

Skottelantennes van 'n radioteleskoop in Cambridgeshire
'n GSM-antenne (selfoonmas)

'n Antenne of antenna (oudmodies ook 'n lugdraad genoem) is 'n elektroniese komponent vir die stuur en ontvang van radiogolwe en ander elektromagnetiese golwe.

Wanneer 'n elektriese stroom in 'n geleier vloei ontstaan daar 'n magnetiese veld om die geleier en wanneer daar 'n spanningsverskil tussen twee punte bestaan dan is daar 'n elektriese veld tussen die twee punte. Die elektriese en magnetiese velde kan dan op hulle beurt weer 'n stroom in 'n ander nabygeleë stroombaan deur induksie opwek.

'n Antenne is dan 'n geleier wat doelbewus so ontplooi word sodat elektromagnetiese velde as gevolg van die wisselende stroom in, en spanning oor, die geleier vrylik om die geleier kan uitsprei. 'n Antenne kan so gevorm word dat dit die elektromagnetiese veld in 'n spesifieke rigting fokus.

In teenstelling met antennes probeer 'n mens meestal in elektronika om elektromagnetiese velde te beperk binne-in 'n kas of 'n kabel sodat die velde nie ander stroombane kan beïnvloed nie.

Een van die mees basiese antennes is 'n dipool. Dit bestaan uit 'n geleier wat so lank is as 'n halfgolflengte van die frekwensie van belang. Dit vorm 'n baie doeltreffende eenvoudige antenne.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search